Anderkant die Ondenkbare - 'n Ware Verhaal van Hartseer en Hoop - Jeanette Morton On Sale!!

Anderkant die Ondenkbare - 'n Ware Verhaal van Hartseer en Hoop - Jeanette Morton

R 90 Sale R 180

Op Sondagoggend 1 Mei 2011 verander Jeanette Morton se lewe onherroeplik: Sy kry die gevreesde oproep dat haar kind dood is. In hierdie hartroerende memoir kyk sy terug op die lewe van haar twintigjarige seun Henno se lewe en die swart nag toe hy in ’n motorongeluk gesterf het. Sy onthou verskeie uitstaan-oomblikke wat hul gesin gedefinieer het en deel van Henno se intiemste gedagtes. Sy wroeg ook oor wat sy anders moes gedoen het en of God dan nie haar gebede gehoor het om haar kind te bewaar nie. Uiteindelik vind sy haar weg op die pad na genesing.

 

Met kort, aangrypende hoofstukke en treffende foto’s en illustrasies is die boek ’n viering van ’n baie spesiale jong man se lewe. Dit hanteer die tipiese vrae wat ouers het, soos: Het my kind seergekry? en Is my kind in die hemel? Terselfdertyd sal dit enige persoon wat al ’n kind aan die dood moes afstaan, help om weer lig aan die einde van hul eie treurproses te sien.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp