Die Belofte - Kim Carpenter, Krickitt Carpenter On Sale!!

Die Belofte - Kim Carpenter, Krickitt Carpenter

R 59.90 Sale R 119.90

Op 24 November 1993 het die lewe vir Kim en Krickitt Carpenter vir altyd verander. Twee maande na hul troudag het 'n verskriklike ongeluk Krickitt met 'n ernstige kopbesering vir weke in 'n koma gelaat. Wanneer sy wakker word uit die koma, het Krickitt geen herinnering van hul verhouding nie, en Kim besef dat die vrou met wie hy getrou het eintlik in daardie ongeluk gesterf het. En tog, teen alle verwagting in en deur die gedeelde geloof in Christus wat hulle dra, kies Krickitt om haar man weer ten volle lief te he. Selfs al het Kim deur die donkerste tye by sy vrou gestaan, bly hy nederig: "Ek is nie 'n held nie. Ek het 'n belofte gemaak en hou daarby." Die belofte is die ware verhaal wat die fliek The Vow geinspireer het. Die boek bevat 16 bladsye met pragtige foto's van die inspirerende paartjie voor en na die ongeluk.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp