Wie is Jesus regtig? - Nancy Taylor, Phil Ryken On Sale!!

Wie is Jesus regtig? - Nancy Taylor, Phil Ryken

R 79.90 Sale R 179.90

Sommige van die belangrikste vrae wat enigeen kan vra, gaan oor Jesus: Wie is Jesus? Hoe weet ons dat Hy regtig bestaan? Hoekom noem mense Hom Christus? Is Hy werklik die Seun van God? Waarom het Hy aan die kruis gesterf en het Hy werklik uit die dood opgestaan? Die antwoorde op hierdie vrae help ons om Jesus beter te verstaan. Wie is Jesus regtig? is spesifiek geskryf vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook geweldig baie beteken vir enige iemand wat nuuskierig is oor Jesus en Hom beter wil leer ken. Die 60 vrae oor Jesus word in 3 afdelings bespreek: Vrae oor wie Jesus is, soos Hoe weet ons Jesus bestaan regtig? Hoekom het Jesus as babatjie aarde toe gekom? Het Jesus geweet wat die toekoms vir Hom inhou? Vrae oor wat Jesus gedoen en geleer het, soos Watter geloof het Jesus aangehang? As Jesus self God is, hoekom het Hy tot God gebid? Waar was Jesus die drie dae tussen sy dood en sy opstanding? Vrae oor watter verskil Jesus in my lewe kan maak, soos Hoe kan Jesus my vandag help? Wanneer gaan Jesus terugkom? Wat moet ek oor Jesus glo om 'n Christen te wees? Wie is Jesus regtig? sal jou help om Jesus op 'n dieper vlak te leer ken. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp